top of page
IMG_8751.JPG

LEER MY KEN

My naam is Liesel de Villiers en ek is sedert 2003 ‘n geregistreerde opvoedkundige sielkundige.  Ek het gewerk by laerskool Theresapark, Estralita skool, laerskool Kragbron, WH de Klerk skool en hoërskool Montana.  Sedert 2007 is ek voltyds in privaatpraktyk.  Huidiglik is my praktyk in Montana, Pretoria.

 

My HPCSA registrasie nommer is PS 0081701 en my praktyk nommer is 0122610.

 

Ek voorsien sielkundige assesserings en dienste aan kinders en adolessente.  Ek is Afrikaanssprekend (huistaal), maar gebruik Afrikaans en Engels in my dag tot dag werksituasie.

 

Ek spesialiseer in onder andere skoolgereedheidassesserings, vak- en beroepskeuse evaluerings, psigo-opvoedkundige assesserings en studieleiding.

 

Om met kinders en jongmense te werk was nog altyd my passie.  Om hul te begelei in hul reis na wel opgevoede, gebalanseerde, suksesvolle en selfstandige jong volwassenes is waarna ek streef.  Ek kry my inspirasie in die woorde van Jesaja 35: 3 – 4 wat sê: “Bemoedig dié wie se hande slap hang, help dié wie se knieë knik, sê vir dié wat moed verloor het: “Wees sterk, moenie bang wees nie, julle God is hier”

bottom of page