Studie Begeleiding
Reeds vanaf leerders se laerskooldae moet hul besef dat leer belangrik is. Leerders moet luister na onderwysers en ouers, feite en inligting verstaan en onthou en toetse en eksamens slaag. Soos leerders ouer word, word die hoeveelheid werk wat geleer moet word ook meer.
Meeste mense weet nie regtig hoe om effektief te studeer nie. Leerders wat nie in hul studie sukses behaal nie het dikwels nog net nie die studievaardighede ontdek en bemeester wat vir hulle werk nie. Goeie studievaardighede maak leer makliker.
Sommige aspekte wat belangrik is vir effektiewe studie:
-
Bepaling en stel van doelwitte
-
Leerstyle
-
Aktiewe leer teenoor passiewe leer
-
Fisiese gesondheid
-
Leerhoekie
-
Moenie tyd verspeel nie – opstel en uitvoering van skedules en tydroosters
-
Maak van opsommings
-
Geheue tegnieke
-
Eksamen en toetse – voorbereiding vir en skryf van vraestelle
Tydens die kursus sal leerders begelei word en vaardighede geleer word wat hulle kan help om meer effektief te studeer. Die doel van die kursus is dat die leerder sukses sal ervaar en sy/haar studiedoelwitte kan bereik.