top of page

Skoolgereedheid

Alle kinders van skoolgaande ouderdom is nie noodwendig skoolgereed nie.

 

‘n Kind kan slegs die wonderlike fase in sy lewe, naamlik om “groot skool” toe te gaan met sukses en selfversekerdheid betree indien hy/sy skoolgereed is. 

 

Vir bepaling van skoolgereedheid is die volgende van belang:

  • Fisiese gesteldheid

  • Fyn- en groot motoriese vaardighede

  • Emosionele en sosiale ontwikkeling

  • Taalontwikkeling

  • Algemene ontwikkeling

  • Ruimtelike- en tyd oriëntasie

  • Visuele- en ouditiewe persepsie

  • Numeriese vermoëns

 

Tydens ‘n skoolgereedheidassessering fokus die opvoedkundige sielkundige op die evaluering van die kind in totaliteit om te bepaal of die kind skoolgereed is al dan nie.  Dus word aandag gegee aan die verstandelike, emosionele, perseptuele en fisiese ontwikkeling van die kind.

bottom of page