top of page

Vakkeuse

Dit is 'n groot teleurstelling wanneer leerders in hul finale skooljaar besef dat die vakke wat hulle in hul graad 9-jaar gekies het, hulle nie toelaat om vir hul voorkeurstudieveld aansoek te doen nie.  Ingeligte besluite oor vakkeuses sal lei tot ingeligte besluite wanneer dit kom by die keuse van 'n loopbaan. 'n Vakkeuse-assessering word in graad 9 gedoen om die leerders te lei om ingeligte en goed gegronde vakkeuses te maak.  Dit is belangrik dat leerders ondersteun en gelei moet word met advies om hulle uiteindelik in staat te stel om hul EIE keuses sover moontlik te maak.

 

Vir leerders om ingeligte vakkeuses te maak, sal die leerders se huidige skolastiese prestasie, aanleg, belangstelling, persoonlikheid en toekomstige planne en doelwitte in ag geneem word.  Dit is die aspekte wat tydens die vakkeuse-assessering ondersoek sal word.  Die resultate van die assessering sal in 'n verslag geplaas word en met die leerder bespreek word.

bottom of page