top of page
Search
  • Writer's pictureLiesel De Villiers

Eksamen , dit kan goed gaan!

Updated: Jun 18, 2023


Die voorlopige eksamenrooster vir die Nasionale Senior Sertifikaat eksamen (NSS) vir die matrieks van 2023 is bekendgemaak. Volgens dié rooster sal die matrieks van 2023 op Maandag, 30 Oktober ‘n eerste laaste beleef - die eerste vraestel van hul heel laaste skool eksamen (hopelik!). Dit beteken daar is 133 dae oor voor die begin van die finale eksamen. Hierdie feit behoort heelwat emosies by matriek leerders en hul ouers te laat onstaan. Vrees, hartseer, opwinding en vele meer…


Hier volg kortliks ‘n paar wenke ter voorbereiding van hierdie belangrike eksamen:


1. Leef gesond

Om optimaal te kan leer en presteer moet leerders gesond wees. Eet gereelde etes, eet gesonde kos, drink genoeg water, slaap genoeg, kry genoeg oefening en vermy rook, dwelms en alkohol.


2. Woon gereeld skool by

Probeer om nie een skooldag te mis nie. Bly gesond en wakker, luister mooi in die klas en maak aantekeninge, vra indien enige iets onduidelik is.


3. Doen gereeld huiswerk

Huiswerk is deel van leerwerk en moet gereeld, volledig en intensief gedoen word. Dit gee leerders die geleentheid om te besef as hul werk nie verstaan nie sodat hul betyds hulp kan kry.


4. Maak opsommings betyds

Wanneer ‘n hoofstuk afgehandel is kan opsommings sommer dadelik gemaak word en dan netjies gebêre word sodat dit gereed sal wees wanneer vir die vak geleer moet word.


5. Sorteer leerspasie uit

Die leerspasie moet stil, goed verlig en netjies wees. Alle skryfbehoeftes en leermateriaal met byderhand wees.


6. Stel ‘n studierooster op

Beplan volgens die eksamenrooster wanneer wat geleer moet word en hou sover as moontlik daarby.


7. Neem genoeg ruskanse

Brein breuke is baie belangrik aangesien enige mens net vir ‘n sekere tydperk kan konsentreer en volle aandag kan gee. Daar moet byvoorbeeld na ‘n leersessie van 45 minute ‘n 10 minute breuk wees, gevolg deur ‘n verdere leersessie van 45 minute en dan ‘n langer breuk.


8. Skryf terwyl jy leer

Gebruik kleurpenne en ‘highlighters’ wanneer geleer word. Soos wat werk geleer en hardop opgesê word moet dit ook neergeskryf word. Leer ‘n bladsy of hoofstuk en skryf dan alles wat jy kan onthou neer en kontroleer teenoor die leerwerk/opsomming.


9. Gebruik ou vraestelle

Nadat opsommings gemaak en geleer is, opgesê is en neergeskryf is kan ou vraestelle deurgewerk word.


10.Wees positief en ontspan

Werk hard. Probeer jou bes. Ontspan dan en glo jy sal sukses behaal.


Hierdie is ‘n paar belangrike wenke wat leerders kan help om sukses in hul eksamen te behaal.

Leer is nie altyd lekker nie, maar “wat jy insit kry jy uit”


Sterkte vir hierdie laaste “stretch”. Lekker leer!!

8 views0 comments
bottom of page